a year in paternoster (or two, or three!)

IMG_8884 (2)

Hier gaat ek!  Ek wou al in die begin van 2013 ‘n blog begin.  En nou trek ons al aan die einde van 2013!

Let’s start! In January 2013 we moved house from Sea Point in Cape Town to Paternoster on the West Coast. I saw the opportunity to start a blog on the adventure. Now it’s already the end of 2013 and not one blog post yet!

Oorspronklik sou ons net vir een jaar hier in Paternoster kom bly.  So my idee met die blog was om te vertel wat ons als aangevang het in Paternoster vir die jaar.  Die blog se naam sou wees “a year in Paternoster”.  Ek het glad nie rekening gehou met hoe besig ‘n huishouding met 2 tieners en een toddler mens kan hou nie! En ek het gedog dis so maklik om ‘n blog op te start. Toe nie. Voordat jy enige sinnetjie of foto kan post, is daar agter die voorblad ‘n spul grieks wat jy moet uitfigure.  Ek het dit nog glad nie helemal uitgefigure nie, en die blog lyk nog glad nie soos ek wil hê dit moet lyk nie, maar as ons moet wag vir perfeksie, gaan die blog ook nooit gebeur nie!

Originally the move to Paternoster was only going to be for one year. The name of the blog was going to be “a year in Paternoster”. I’ve done a blog in 2007 about our 3 month sabbatical in France. That one was so easily put together, because it was mainly travel photos with a little bit of writing. This time around I found all the admin behind the blog a bit more difficult. Plus in a house with 2 teenagers and a toddler you very rarely have more than 30 minutes alone to concentrate on something! So I screamed via email and text messages for help from a friend that works with websites on a daily basis. And still I’m not happy with the look of the blog, but what the hell! If I wait for it to look perfect, the blogging here from Paternoster is never going to happen!

So, …. wat het die Wieses nou als aangevang hierdie jaar?

So, ….. what have the Wieses being doing here in Paternoster this year?

Heeltemal te veel om in een post te vertel.

I’ll have to write 365 posts in order to tell you. All in the 30 days that’s left of the year? I don’t think so. Let’s see what I can fit in. And then there’s always next year, seeing that we are not going anywhere and staying right here in Pater.

En ek het toe mos woes aan die hekel gegaan!  En hier van April maand af was dit hekel met T-shirt “wolle”.  Die een mat na die ander.  Dis hoekom ek die foto hierbo gekies het vir my eerste inskrywing.  Want dis presies wat my hoofsaaklik besig gehou het hierdie jaar.  Anya en matte hekel.  Ek moet soggens vir Anya entertain en besig hou, terwyl Tobie in sy study werk aan ‘n universiteit regs handboek. En wat hou my nog besig? Ons twee tiener dogters met hulle tiener grille en gure en die huis se alewige skoonmaak en uitsort. Met daai laaste ene is ek glad nie goed nie!  Dit is sooooo boring en tydrowend. Darem het ek so in die helfte van die jaar vir Fiena gekry om op ‘n Dinsdag te kom stryk, wat darem die wasgoed situasie nou onder beheer bring. En verder koek en koffie ek heerlik saam met Weskus vriendinne en ook faceboek hekel vriendinne. En ek kom vreeslik baie en gereeld by ons plaaslike wolwinkel in Vredenburg, 50 Something. Behalwe dat hulle die wolwinkel besit, is Selma en Anthea ook die wonderlikste vriendinne, wat berge vir mens sal versit.

So in 2013 I mainly looked after our toddler in the mornings; crocheted; did boring housework; crocheted; put up with the two elder teenagers’ moods in the afternoons; crocheted; we had a nice family holiday in France and Italy in June; crocheted; crocheted; crocheted. Hahahaha!

My first real friends I made in Vredenburg, our closest town where we do our shopping, is the owner of the yarn shop and her daughter. Perfect friends to have when you are a crochetaholic hey!

Baie dankie vir al jou hulp met die admin gedeelte van die blog Leon.

Ek het nog soooooo baie om te vertel van al die lekker plekke en mense hier op die Weskus. En soooooo baie hekel idees, foto’s en patrone om te deel. So ek hoop om gou weer te kan gesels hier

Thanks for your help with the admin side of the blog Leon. I’m sure that I am going to bother you on a daily basis now that I’ve jumped in.

Ok, it’s wayyyyyyy past bedtime. Hope to post again soon!

10 thoughts on “a year in paternoster (or two, or three!)

  1. Hi daar, welkom hier in blogland, hoop jy gaan dit baie geniet. Ek het ook een hier maar kuier nie so baie hier nie. humm a reminder that I need to visit here more often.

  2. whoop whoop! ek sal daagliks hierdie blog moet besoek. ek is sooo bly dat jy hier is en ek is baie trots op jou! xxxxxxxxxx jy rock!

  3. Wonderlik om jou avonture te lees, Anneke! Dankie dat jy die tyd neem om dit vas te “pen” of sal ons sê: vas te tik! Ek geniet dit!

Leave a reply to Liezl Cancel reply