reuse rooi doily mat / giant red doily rug

Hier is my heel eerste reuse doily mat wat ek met T gehekel het. Selma by die wolwinkel se eerste reaksie was: “dis belaglik mooi!” Dit was in April hierdie jaar. En van daar af was daar net geen einde nie. Die rooi mat se patroon is geskryf deur  Sara’s . Haar patroon is baie goed geskryf en maklik om te volg. Ek het hom met ‘n 10mm hekelpen gehekel omdat dit die enigste groot hekelpen is wat ek toe gehad het. Dit het my 2 aande geneem om die mat te hekel. As mens eers begin, kan jy dit net nie neersit nie, want jy wil sooooo graag die eindproduk sien! En wanneer die mat klaar is, kan jy nie ophou kyk nie, want dis soooooo mooi.

This was my first giant doily rug with T-shirt yarn which I crocheted in April this year. I thought it was the most beautiful rug ever! Crocheting with T is relatively new in South Africa. I had to search quite a bit on the internet to find suitable patterns. Most of the ones I did find, was from overseas blogs. It was also almost impossible to find big crochet hooks.

This red rug was crocheted with a 10mm hook with Sara’s pattern. Luckily the pattern was well written and quite easy to follow.

I can only sit down to crochet when all my girls are in bed at night. Especially if I want to try out new patterns. I finished the rug in two evenings. Once you start, you cannot put it down, because you want to see the end result. And once you’re finished, you cannot stop looking at your rug. And while you are crocheting the last rounds of your rug you’re already thinking about possible colours and patterns for the next one!

20131202-030940.jpg

Ons plaaslike wolwinkel in Vredenburg, 50 Something, (10 min se ry vanaf Paternoster) het sommer baie gou begin uitvind waar mens T en reuse hekelnaalde in die hande kan kry. En nou hekel almal badmatjies en mandjies en alles en nog wat met T. Ekself het sedertdien sowat, plus minus, min of meer 20 T-matte, baie mandjies en nou ook Krismisboomversierings gehekel met T. En ek gaan nog mettertyd almal vir julle hier wys en ook ‘n patroon of twee deel.

Our local yarn shop in Vredenburg, 50 Something, (10 minute’s drive from Paternoster) quickly sourced bigger crochet hooks and T shirt yarn for this new craze in the crocheting world. Since then I’ve crocheted about, plus minus, more or less 20 T -rugs, lots of T-baskets and with Christmas nearing, lots of Christmas tree decorations as well. Each and every item I crocheted with T is very unique and beautiful. I am going to show them all here and share a pattern or two as well.

Advertisements

12 thoughts on “reuse rooi doily mat / giant red doily rug

  1. baie mooi rooi mat! ek dink hy bly my gunsteling. ek het saam met jou begin op hierdie rooi mat wat so mooi was. myne het mos geflop. onthou jy? hy het gewobble en toe trek ek hom uit en hekel die diamant geel en rooi mat. xxx

    • Dankie Christelle. Die blog is maar nog holderstebolder en nie naastenby soos wat ek hom wil hê nie. Maar ek moes net begin, anders sou dit oorstaan tot volgende jaar.

  2. Stunning! Oooo jy maak my lus vir ‘n T mat 🙂 Ek het al ‘n hele paar bolle T gekoop en gisteraand pret gehad met T en ‘n hart, ‘n blom en ‘n ster 🙂 Moet sê die T hekel baie lekker! 🙂

  3. Hi Anneke, ek sien daarna uit om meer te lees op jou blog. Jou matte is stunning en dalk moet ek een koop want ek kan nie/mag nie met T wolle haak nie (behalwe is ek nou weereens my senu in die arm wil afskryf!) Hmm jou matte is die beste wat ek sien in SA! Gaan jy dalk iewers ‘n widget opsit sodat ons jou blog kan volg? Groete vanuit SnorCity.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s