Christmas 2013 / Kersfees 2013

Hierdie jaar se krismisboom met gehekelde versierings

Hierdie jaar se krismisboom met gehekelde versierings

Daar is die jaar al weer amper verby. Laasjaar hierdie tyd was ons nog naarstigtelik besig om 13 jaar se goeters in te pak by die Seepunt huis. Dit is darem verskriklik wat mens als kan opgaar! Tobie se raad aan ons girls was om als in drie bokse te verdeel. Een vir weggee/weggooi; een vir stoor; en een vir saambring hier na Pater toe. Ons het baie weggegee. Baie min gestoor. En nog steeds te veel goeters gehad vir ons klein seehuisie. Ons het so einde November begin met die groot inpak. Na so een week moedeloos geraak en sommer vir ‘n paar dae Pater toe gekom. Weer Seepunt toe om te pak. En weer Pater toe vir rus. En so ‘n paar dae voor die treklorrie als in Seepunt moes kom oplaai is ek vir so 3 dae alleen terug om die finale inpak te doen. Wie het al probeer inpak vir so ‘n groot trek met twee tieners en ‘n toddler onder jou voete? Dis byna ‘n saak van onmoontlikheid. Die kinders wil niks weggooi of weggee nie en hulle wil die heeldag eet.

Just a few more days and we can say goodbye 2013. This time last year we were still busy frantically packing up 13 years of stuff for the big move from Sea Point (Cape Town) to Paternoster (West Coast). We (most of us I think) simply have too many unnecessary material belongings. We tried a system where we would divide things into 3 boxes. One for storage, one for giving away and one to take with to our beach house in Paternoster. Much easier said than done. Try packing up house with two teenagers and a toddler under your feet! We gave up after the first week of packing and came to Paternoster for a week and pretended we’re on holiday. Went back to Sea Point to pack a bit more. Back and forth! Then I went on my own without the children to do the final packing.

Voorstrandt Beach Paternoster

Voorstrandt Beach Paternoster

Our holiday house before we moved in parmanently

Our holiday house before we moved in permanently

Sea View from living room

Sea View from living room

And then the boxes started coming!

And then the boxes started coming!

Ons eerste jaar hier in Pater het gevlieg. Aanvanklik het dit gevoel soos een lang vakansie, omdat dit altyd net ons vakansie bestemming was. Die tiener dogters het gelukkig van dag een af baie goed by hulle nuwe skool in Langebaan aangepas. Dit was ons grootste bekommernis. Tobie neem hulle in die oggend Vredenburg toe om die skoolbus te vang. Ek en Anya kan laat slaap, wat veral in die winter fantasties was. Dan gaan haal ek en sy hulle by die bus in die middag. Heel in die begin was ons tweetjies al ‘n half uur voor die tyd by die busstop. Soos die jaar aangestap het, was ons al hoe meer op die nippertjie en soms ‘n minuut of twee laat. Veral as ons by die wolwinkel gaan kuier het. Tobie vorder heel goed met sy Universiteit handboek. Met Anya by die huis word hy maar heelwat onderbreek daar in sy “study”. En ek het so stadigaan hier van April se kant af my besigheid met die gehekelde matte van T shirt aan die gang gekry.

The two older girls adjusted very well in their new school and are doing fabulously in there academics. They made new friends and enjoy the walks on the beach, bicycle rides and boogie boarding. Tobie is making good progress with his university text book. And since April I’ve slowly started up my crochet business. The toddler is having a ball. She and Tobie goes to the beach almost every morning. And she is now also demanding an ice cream from the small café in Pater on a daily basis. She thinks she is on a permanent holiday! Most of the days we think so too!

IMG_4219 (2)

Out of the front door, down at the corner and ready to boogy!

Out of the front door, down at the corner and ready to boogy!

Ons is almal baie verlig en dankbaar dat ons hierdie Desember glad nie hoef te pak of trek nie. Ons bly net hier in Pater!

This December there will be no packing and moving house. We are deeply thankful for being able to stay right here in Pater for now.

Advertisements

3 thoughts on “Christmas 2013 / Kersfees 2013

    • Dankie Magda. Daai vrou se matte is soooooo mooi.
      Ek verstaan nie hoekom haar soft rugs so astronomies duur is nie? Weet jy waarmee hulle gehekel is? Haar tou matte is ook stunning.
      Ek het ‘n vinnige draai by jou blog gaan maak, maar sal moet terugkeer op ‘n ander dag wanneer ek meer tyd het.

      • USD300 is bietjie dik vir ‘n daalder, maar sy het seker ‘n niche mark daar in New York uitgeskrop! Lucky devil. Toevallig gister op haar blog afgekom en gedink daai spiraal skulp ruik pure weskus!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s