Flower t-shirt rug photo tutorial Part 1 / Blom t-shirt mat foto-patroon Deel 1

Ek is sooooooo opgewonde! My heel eerste foto patroon op my blog! Wol-Wol Hoera! Ek het stap vir stap foto’s geneem van elke rondte van die blomme. En toe gedink ek gaan sommer in een aand tjop-tjop die patroon uitskryf. Hahaha! Toe nou nie. Dit neem nogal ‘n paar ure om die foto’s uit te kies, te crop, en byskrifte by te sit.

I am super excited! My very first own photo tutorial! Yarn-Yarn Hooray! A few mornings ago I took a few step-by-step photo’s of each round of the flowers. And thought I would quickly whip up a tutorial that night. Hahaha! Not so easy. I now have all the more respect for every one out there that has written photo tutorials for us.  

photo (95)

Op my vorige blog inskrywings het julle nou al ‘n ronde doily mat gesien en ‘n reghoekige ouma blokke mat. En vandat ek laasjaar begin matte hekel het was daar nou al dosyne van hulle. Ek wonder nou al vir ‘n rukkie hoe dit sal lyk as mens ‘n paar Japanese blomme hekel en hulle dan aanmekaar hekel. Eintlik is ek veronderstel om nou ‘n granny mat vir ‘n bestelling te hekel, maar ek is nie lus daarvoor nie.

Ek spring toe weg met mooi grys T en begin met hierdie blom. http://revlie.typepad.com/revolution/2011/06/japanese-flower-tutorial-picture-by-picture-you-can-do-this.html

Die eerste paar rondtes was ok, maar as jy by die laaste rondte kom is die 8 langbene net te veel vir die dikte van die T. Ek het dit toe aangepas na 5 langbene met 1 kettingsteek tussenin. Dit lyk toe beter en bietjie platter. En ek wou ook die 6 blomme aanmekaar hekel soos in ‘n ouma blok mat. Dit sou nie werk met die patroon se 11 blomblare nie. En van daar af het ek sommer die hele patroon verander soos ek dit wou hê. En dit gaan ek nou alles vir julle probeer verduidelik met my heel eerste foto-patroon!

On my previous blog posts you saw a giant doily rug and a granny square one. I felt like something different and wanted to try a Japanese flower rug with the T-shirt yarn. I’m actually suppose to be crocheting a granny square rug for an order, but still need some inspiration for a nice square pattern.

So I grabbed my hook and some grey T and started with a Japanese flower from this pattern. http://revlie.typepad.com/revolution/2011/06/japanese-flower-tutorial-picture-by-picture-you-can-do-this.html . BUT the 8 dc’s in the last round were too much for the thickness of the T. I changed that to 5 dc with a 1ch in between and the petals looked better. And because I wanted to join 6 flowers together (as in my granny square rug) the eleven petals had to be changed to 12. After all those changes, let’s just call it a West Coast flower!

photo (96)

En toe raak die grys T op in die laaste rondte van blom nr 6! Lekker vies! Oor na plan B. Trek al die blomme se blare uit en maak dit lilac/pienk.

And then I ran out of grey T in the last round of flower nr 6! Grrrr! Plan B. Frog all six flower’s petals and redo them in lilac/pink.

So hier kom die patroon!

And here is the pattern!

photo (98)

photo (99)

photo (100)

4

5

7

8

9

Ek is nou in two minds of die mat reghoekig of rond moet wees en het toe op die facebook hekelgroep “Ons Hekel” gevra wat hulle dink. Tot dusver het die meeste gestem vir die blom weergawe.

Ek verlaat julle nou hier met die halwe projek en hoop om sommer gou vir julle die voltooide mat en vashekelmetode te kan wys.

I can’t decide whether I want the rug to have a rectangular or flower shape and have asked the opinions of fellow crocheters on the facebook crochet group “Ons Hekel”. Most of them voted for the flower version.

 I can hear my family’s tummy’s rumbling! I’ll be back soon to show you the finished rug as well as the joining method.

10

12

Ek koop my T-shirt wolle by https://www.facebook.com/50swolwinkel?ref=hl

I buy my T-shirt yarn from https://www.facebook.com/50swolwinkel?ref=hl

17 thoughts on “Flower t-shirt rug photo tutorial Part 1 / Blom t-shirt mat foto-patroon Deel 1

  1. Anneke jy is n “genius” dis fantasties jou stap vir stap. Dankie vir mensies soos jy. Ek dink jy baieeeee slim. Dankie vir jou blog. Love it!!!!!

    • Baie dankie vir julle mooie woorde Essie, Anita en Christa!
      Julle maak my dag!
      Ek hoop julle hekel sommer gou so ‘n T blom sodat ons kan sien of daar foute in is of nie.
      Mens sukkel maar om al die fynere detail reg te kry hier by 2 uur in die nag!

  2. Jou mat is pragtig. Dit lyk vir my of niks jou kan wen nie. Baie dankie vir die oulike aanwysings. Ons is bevoorreg om iemand soos jy te hê wat so gemaklik is om te deel. Dankie vir jou oulike blog en kommentare op die hekelgroepe. Ek geniet altyd jou skrywes en ook mooi fotos wat jy plaas. Mag jy net seën ontvang op jou handewerk. Liefde en groete

  3. Ek gebruik weer daardie woordjie Belaglik. Jy sal weet wat ek bedoel dit is bitter mooi verduidelik jy so onselfsugtig deel alles my vriendinxxx

    • Dankie Tilla, Anne-Marie, Lize, Estelle, Anneke Potgieter, Mags en Theresa.
      Love jou woord “belaglik” Selma!
      En ja Estelle, ek het myself nou in ‘n penarie hier!
      Ek sukkel nogal om die damn ding aanmekaar te hekel!
      Te min grys! Te min pienk! Wat nou???

    • Dankie Teresa! Ek geniet die hekel en die blog vreeslik baie!

      Hester, dis moeilik om te verduidelik van die vashou. Ek het gesien party mense praat van jy hou die pen soos ‘n mes vas?

  4. Pingback: Flower t-shirt rug photo tutorial Part 2 / Blom t-shirt mat foto-patroon Deel 2 | Crochet in Paternoster

Leave a reply to Anneke Potgieter Cancel reply