crochet an elegant square t-shirt yarn rug / hekel ‘n elegante blokkie t-shirt jaarn mat

20140509-101614.jpg

Net gou ‘n vinnige inskrywing met ‘n skakel na hierdie mooi blok se patroon. Ek het ‘n bestelling gehad vir ‘n “granny square” mat. En dit net nadat ek DRIE blou granny square matte moes hekel vir iemand. Ek was net so klein bietjie keelvol vir ‘n gewone granny square en vir die alewige gesukkel om die 6 blokke so netjies moontlik, as wat die T jou toelaat, aanmekaar en plat te kry. Ek wou iets nuuts, maklik en vinnig doen en het die internet deursoek vir ‘n anderste ouma blok. Wel ‘n paar gevind, maar nie een wat skreeu: “Pick me! Pick me!” nie. Toe gaan ek maar deur my hekelboeke en deur al die gestoorde patrone op my iPad. En toe! Daar praat hierdie patroon met my. Iets heel anders. Mooi kant effek. En die heel belangrikste, jy kan die blokke aanmekaarhekel met jou laaste rondte! Yay! Fanwolletasties! Jy moet weet dit was ‘n hele paar dae se soek!

So hierdie keer hoef ek nie te gaan sit en my eie notas ontsyfer nie! Ek kan net vir julle die patroon skakel gee. Lekker!

Hier is hy:
Dis ‘n PDF ebook wat jy gratis aflaai by Red Heart Yarn se website.
Die elegant square patroon is op bladsy 11.
Daar is sommer ‘n paar ander oulike patrone en idees ook in die boek.

RedHeartMotifEBook

Just a quick blog entry with a website link to the beautiful square I used in this rectangular rug. I had an order for a doily rug and for a granny square rug. And just before that I finished an order for THREE granny squares rugs. I had absolutely NO motivation to start another one. So I browsed the internet for unusual granny square patterns and preferably one that would work with JAYG as it takes quite a bit of effort to join normal granny squares in a neat and flat way with the T-shirt yarn. I found a few on the internet, but not that one that screams : “Pick me! Pick me!”
Then I went through the crochet books in my bookcase and the patterns stored on my iPad. Found this one in a file screaming for my attention! It had this nice lacy look and its joined with JAYG! Yay! Fanyarntastic!

So this time around I don’t have to sit down and decipher my own notes! I can simply share the website link. Cool!

Here it is:
It is an free PDF ebook you can download from Red Heart Yarn’s website.
The Elegant Square pattern is on page 11.
The ebook has a few other nice patterns an ideas.

RedHeartMotifEBook

20140509-102301.jpg

20140509-102315.jpg

Die blok se hekel was baie maklik. Jy hekel al die blokke tot by rondte 5. Dan hekel jy een blok tot by rondte 6. En dan gaan jy JAYG met die ander blokke se rondte 6. Ek het so bietjie gesukkel met die aanmekaarhekel met rondte 6 en toe maar sommer so op my eie aangevoeter.

As jy nie weet hoe om te JAYG nie gaan Google bietjie en lees op. Ek belowe jou as jy een keer blokke so aanmekaar gehekel het gaan jy nie sommer weer die ou tydrowende manier van vaswerk gebruik nie.

It is an easy square to crochet. You crochet 6 blocks up to round 5. Then you crochet one square up to round 6. Then you JAYG the other 5 in their 6th rounds. I struggled a bit with their instructions for the JAYG and ended up just fudging mine together my own way.

If you are not familiar with JAYG, Google it. I can promise you, once you’ve used this method to join your squares you won’t go back to the arduous time consuming old way of doing it.

20140509-102652.jpg

20140509-102718.jpg

Ek was vreeslik opgewonde toe al 6 blokke mooi aanmekaar gehekel was! So mooi! Maar hy het n nog ietsie gekort. ‘n Randjie dalk? Ja! ‘n Randjie om hom mooi af te rond. Weer ‘n groot soektog. Die rande wat ek altyd om die matte sit wou nie werk nie. Ek het seker 5 verskillende pogings aanghekel waarvan almal te dik/breed was en dan verloor die mat sy lacy look. Na so ‘n dag of twee se dink en kyk het die antwoord gekom! Basies net ‘n herhaling van rondte nommer 6 reg rondom die mat met die charcoal kleur.

I was super excited when I had all the squares joined together. So different from all the granny square rugs I’ve done previously. I loved it! But something was missing. Perhaps a border? So another search and I had a look at all the methods I used for my other rugs. I’ve tried about 5 different versions. Nothing worked. They were all to broad/thick and didn’t look right with the lacy look of the squares. And then, after a day or two of thinking and looking at the rug, the answer came. Simple and easy! Just a sort of a repeat of round 6 right around the squares with the darker charcoal. Perfect. I did not write down what I did their with the border, but I think if you have a close look at it you should be able to figure it out.

20140509-102837.jpg

En dan die gewone klaar-met-mat-feesvier met koek en koffie by Mondvol Padstal!

En dan word die matte mooi gewas.

En dan word hulle mooi toegedraai in bubble wrap vir pos.

En dan die afwagting om te hoor of die ontvanger gelukkig is daarmee!

Then the usual rug-completeness-celebration with cake and coffee at Mondvol Farm stall!

Then the rugs go into the washing machine.

Then they get wrapped up in bubble wrap for mailing.

Then the anticipation for feedback from the receiver.

Then, onto the next one!

20140509-103003.jpg

oooh! Just received the photo’s from my client

20140509-103321.jpg

Ek koop my T-shirt wolle by https://www.facebook.com/50swolwinkel?ref=hl
I buy my T-shirt yarn from https://www.facebook.com/50swolwinkel?ref=h

See you soon for some more fabulous rug talk and photo’s !

Advertisements

22 thoughts on “crochet an elegant square t-shirt yarn rug / hekel ‘n elegante blokkie t-shirt jaarn mat

  1. Dankie Anneke vir al jou liefde, hulp en bereidwilligheid om alles met ons te deel. Jy is voorwaar n baie besonderse mens en ons almal waardeer jou as hekel vriendin.

  2. Hallo Anneke

    Help my asseblief – hoeveel t-yarn in charcoal in dan in swart sal ek nodig kry vir so ‘n mat asseblief?

    Ek het kontak gemaak met 50 Something wolwinkel. Bly in Secunda

    baie dankie

    Anna-Marie Barnard

    *Anna-Marie Barnard* *barnard.annamarie@gmail.com * *0825740994*

  3. Ek baie beginner wat lees v patrone aanbetref, het dai patron probeer maar ga maar hak en tak ou girl

    • Lori-Anne, jy moet ‘n nuwe patroon maar net stadig en kalm vat
      een rondte op ‘n slag, steek vir steek.
      kon jy toe met jou hak en tak iets uitgerig kry?

  4. Hi Anneke – hierdie mat is net “asem” (awesome) soos my 2-jarige sal sê! Kan jy asb. vir my ‘n aanduiding gee van hoeveel van elke kleur t-yarn het jy gebruik?

    Hanteer die mat nie baie lomp wanneer jy dit aanmekaar hekel soos jy aangaan nie?

    Ons wag vir jou volgende meesterstuk….

      • Skuus Anneke, ek is ‘n leek – ek wil net bevestig – een v elke kleur? Al is van die kleure meer oorheersend?

      • Sonja, dit hang af waar jy jou T koop. Party winkels verkoop mos 1kg balle en party 500 gr
        Die wit en charcoal was minder as ‘n 1kg bal. En ek dink die grys was bietjie meer as ‘n 1kg bal.
        Jammer, dit help jou nie eintlik nie ne.
        Ek het nou vir my ‘n kombuisskaal gekry en sal poog om met toekomstige patrone bietjie meer detail te gee. Maar dit is ook maar net beramings, want elke bol T se dikte en tekstuur verskil. Ek raai maar altyd mense aan om eerder meer te kry. Jy kan altyd ‘n mooi mandjie met dit wat oorbly hekel.

  5. Goeiemore Anneke,

    Jou hekelwerk is fantasties mooi !!! Kan jy my dalk help ek kry nie die boek gedownload nie – hy se hy iets van te moeilik om te lees !!!!

    Hoeveel kg het jy gebruik om die mat ?

    Groete Charmaine

    • Dankie Charmaine
      Ek gaan gou kyk of ek die pdf file vir jou kan email
      Ek dink die mat het so net oor die 2 kg geweeg.
      Maar as jy 3 kleure wil gebruik, sal jy drie balle moet kry.
      Hoop dit help jou

  6. Hallo Anneke, jou matte is net so fantasmagories mooi dat ek dit ook moes prober, ek het hierdie “square” mat gehekel met 50 something se T-yarn en 12 mm hekelpen, maar myne lê nie mooi plat nie, hoe nou gemaak?
    Groete
    Marga

  7. Hi Anneke! Die link wys dat die blad nie beskikbaar is nie! Kan jy groot asseblief vir my die pdf per epos stuur?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s