crochet an elegant square t-shirt yarn rug / hekel ‘n elegante blokkie t-shirt jaarn mat

crochet an elegant square t-shirt yarn rug / hekel ‘n elegante blokkie t-shirt jaarn mat

20140509-101614.jpg

Net gou ‘n vinnige inskrywing met ‘n skakel na hierdie mooi blok se patroon. Ek het ‘n bestelling gehad vir ‘n “granny square” mat. En dit net nadat ek DRIE blou granny square matte moes hekel vir iemand. Ek was net so klein bietjie keelvol vir ‘n gewone granny square en vir die alewige gesukkel om die 6 blokke so netjies moontlik, as wat die T jou toelaat, aanmekaar en plat te kry. Ek wou iets nuuts, maklik en vinnig doen en het die internet deursoek vir ‘n anderste ouma blok. Wel ‘n paar gevind, maar nie een wat skreeu: “Pick me! Pick me!” nie. Toe gaan ek maar deur my hekelboeke en deur al die gestoorde patrone op my iPad. En toe! Daar praat hierdie patroon met my. Iets heel anders. Mooi kant effek. En die heel belangrikste, jy kan die blokke aanmekaarhekel met jou laaste rondte! Yay! Fanwolletasties! Jy moet weet dit was ‘n hele paar dae se soek!

So hierdie keer hoef ek nie te gaan sit en my eie notas ontsyfer nie! Ek kan net vir julle die patroon skakel gee. Lekker!

Hier is hy:
Dis ‘n PDF ebook wat jy gratis aflaai by Red Heart Yarn se website.
Die elegant square patroon is op bladsy 11.
Daar is sommer ‘n paar ander oulike patrone en idees ook in die boek.

RedHeartMotifEBook

Just a quick blog entry with a website link to the beautiful square I used in this rectangular rug. I had an order for a doily rug and for a granny square rug. And just before that I finished an order for THREE granny squares rugs. I had absolutely NO motivation to start another one. So I browsed the internet for unusual granny square patterns and preferably one that would work with JAYG as it takes quite a bit of effort to join normal granny squares in a neat and flat way with the T-shirt yarn. I found a few on the internet, but not that one that screams : “Pick me! Pick me!”
Then I went through the crochet books in my bookcase and the patterns stored on my iPad. Found this one in a file screaming for my attention! It had this nice lacy look and its joined with JAYG! Yay! Fanyarntastic!

So this time around I don’t have to sit down and decipher my own notes! I can simply share the website link. Cool!

Here it is:
It is an free PDF ebook you can download from Red Heart Yarn’s website.
The Elegant Square pattern is on page 11.
The ebook has a few other nice patterns an ideas.

RedHeartMotifEBook

20140509-102301.jpg

20140509-102315.jpg

Die blok se hekel was baie maklik. Jy hekel al die blokke tot by rondte 5. Dan hekel jy een blok tot by rondte 6. En dan gaan jy JAYG met die ander blokke se rondte 6. Ek het so bietjie gesukkel met die aanmekaarhekel met rondte 6 en toe maar sommer so op my eie aangevoeter.

As jy nie weet hoe om te JAYG nie gaan Google bietjie en lees op. Ek belowe jou as jy een keer blokke so aanmekaar gehekel het gaan jy nie sommer weer die ou tydrowende manier van vaswerk gebruik nie.

It is an easy square to crochet. You crochet 6 blocks up to round 5. Then you crochet one square up to round 6. Then you JAYG the other 5 in their 6th rounds. I struggled a bit with their instructions for the JAYG and ended up just fudging mine together my own way.

If you are not familiar with JAYG, Google it. I can promise you, once you’ve used this method to join your squares you won’t go back to the arduous time consuming old way of doing it.

20140509-102652.jpg

20140509-102718.jpg

Ek was vreeslik opgewonde toe al 6 blokke mooi aanmekaar gehekel was! So mooi! Maar hy het n nog ietsie gekort. ‘n Randjie dalk? Ja! ‘n Randjie om hom mooi af te rond. Weer ‘n groot soektog. Die rande wat ek altyd om die matte sit wou nie werk nie. Ek het seker 5 verskillende pogings aanghekel waarvan almal te dik/breed was en dan verloor die mat sy lacy look. Na so ‘n dag of twee se dink en kyk het die antwoord gekom! Basies net ‘n herhaling van rondte nommer 6 reg rondom die mat met die charcoal kleur.

I was super excited when I had all the squares joined together. So different from all the granny square rugs I’ve done previously. I loved it! But something was missing. Perhaps a border? So another search and I had a look at all the methods I used for my other rugs. I’ve tried about 5 different versions. Nothing worked. They were all to broad/thick and didn’t look right with the lacy look of the squares. And then, after a day or two of thinking and looking at the rug, the answer came. Simple and easy! Just a sort of a repeat of round 6 right around the squares with the darker charcoal. Perfect. I did not write down what I did their with the border, but I think if you have a close look at it you should be able to figure it out.

20140509-102837.jpg

En dan die gewone klaar-met-mat-feesvier met koek en koffie by Mondvol Padstal!

En dan word die matte mooi gewas.

En dan word hulle mooi toegedraai in bubble wrap vir pos.

En dan die afwagting om te hoor of die ontvanger gelukkig is daarmee!

Then the usual rug-completeness-celebration with cake and coffee at Mondvol Farm stall!

Then the rugs go into the washing machine.

Then they get wrapped up in bubble wrap for mailing.

Then the anticipation for feedback from the receiver.

Then, onto the next one!

20140509-103003.jpg

oooh! Just received the photo’s from my client

20140509-103321.jpg

Ek koop my T-shirt wolle by https://www.facebook.com/50swolwinkel?ref=hl
I buy my T-shirt yarn from https://www.facebook.com/50swolwinkel?ref=h

See you soon for some more fabulous rug talk and photo’s !

pink doily t-shirt rug / pienk doily t-shirt mat

 

En hiermee uit-frieken-eindelik die doily mat patroon! Ek dink mos altyd ek kan gou in een aand ‘n patroontjie uitskryf. Vergeet partykere dat ek ‘n huis, man en drie kinders het! Hahaha! O! EN ‘n mat besigheid!

Hooray! At last! The doily rug pattern! I always think I can whip up the photo tut in one night! Seem to forget about the house, hubby and three children! Oh! AND a rug business!

photo 1

(60cm)

PicCollage (1)

Steke gebruik:

 

ks = kettingsteek

kb = kortbeen

hlb = halwe langbeen

lb = langbeen

gs = glipsteek

V-steek = bestaan uit (1 lb, 2 ks, 1 lb). Let Wel !!! by party rondtes het die V-steke 3 ks tussen die langbene. die eerste V-steek van die rondte is altyd 3 ks wat tel as een langbeen.

rondtes word “toegemaak” met ‘n glipsteek in daai begin “3ks” se 3rde ks. Let Wel party rondtes word toegemaak deur ‘n glipsteek in die begin V.

 

Stitches used:

(US terminology)

 

ch = chain

sc = single crochet

hdc = half double crochet

dc = double crochet

ss = slip stitch

V-stitch = (1 dc, ch 2, 1 dc). In some of the rounds, the V-stitches have 3 chains in-between the dc’s. The first V-stitch in a round has 3 chains which counts as a dc. Rounds are closed with a slip stitch in the 3rd chain of that beginning 3 ch. NB, some rounds are closed with a slip stitch into the first V.

 image

 

 

image

 

image

 

 

image

 

image

 

image

 

image

 

image

 

image

 

image

 

image

 

image

 

image

 

 

 

Dit is nogal ‘n uitdaging om ‘n patroon te skryf vir ‘n T-mat. In die tyd wat dit opgeneem het kon ek seker 5 sulke matte gehekel het! Elke bal en kleur verskil van tekstuur, rekbaarheid en breedte van die stroke. Dus werk ‘n patroon soms vir een breedte T en nie vir die volgende ene nie. Ek hoop hierdie ene werk vir julle. Ek het hom al met ‘n hele paar verskillende kleure en dikte T gehekel. Geniet dit! En vra maar as jy iets nie verstaan nie!

It is quite a challenge to write a pattern for a t-shirt yarn rug, because the strips in every ball of t-shirt yarn differs in width, elasticity, texture. I do hope this one works for you. I’ve crocheted a few rugs in different colours and fabric thickness with this pattern. Enjoy! Please do ask if anything is unclear to you.

photo 4

Brown version where you can see the different hook sizes. The brown T was a bit thicker than the pink T I used in the tut, but worked fabulous! (57 cm)

 

and a grey one!  (62cm)

and a grey one! (62cm)

 

and a red one!

and a red one! (57cm)

 

 

 

Ek stuur gewoonlik my patroon so bladsy vir bladsy vir my suster se dogter, Anne-Marie om dit oor te gaan vir tik, spel of hekelfoute. Baaaaie Baaaaie dankie Anne-Marie. Die arme vrou word soms tot saans laat gebombardeer met eposse en bbm’s. En sy het sommer so saam met die check van die patroonbladsye vinnig haar eie rooi weergawe gehekel!

Whenever I write a new photo tut, I send the pages to my sister’s daughter, Anne-Marie. She checks them for spelling and/or crochet mistakes. The poor woman gets bombarded with late night emails and text messages! Thank you so much for your input and patience Anne-Marie! And whilst checking the pages, she started her own red doily rug.

 

image

 

 

Volgende patrone op die lys:

Die hart. Bwhahaha! Hy sal seker eers met volgende jaar se Valentyns reg wees!

Die blou mandala. Ek het rondte vir rondte neergeskryf wat ek gedoen het. Sal ek hom gou môre aand opsit? Bwhahaha!

En dan die groot mandjie? Die aand daarna?

Next patterns on the list:

The heart. Bwhahaha! Maybe before Valentine’s next year!

The blue mandala. I wrote the pattern down as I went along. Shall I post that tomorrow night? Bwhahaha!

And after that, the large basket? The next evening?

 

image

 

image

 

image

 

 

 

Ek koop my T-shirt wolle by https://www.facebook.com/50swolwinkel?ref=hl

I buy my T-shirt yarn from https://www.facebook.com/50swolwinkel?ref=hl

 

Flower t-shirt rug photo tutorial Part 2 / Blom t-shirt mat foto-patroon Deel 2

mat ek

mat 6

mat 1

Die hopie blomme het toe vir dae lank hier op ‘n stoel gelê. Ek het geen idee gehad hoe ek die spul aanmekaar gaan kry nie! Die paar patrone waarna ek gekyk het, was almal met die blom se laaste rondte aanmekaar gehekel. En hier sit ek toe met 7 reuse klaargehekelde blomme!

Toe het ek sommer net een aand losgetrek en die spul aanmekaar gehekel. En omdat ek in die aand gehekel het, het ek nie baie foto’s geneem van die proses nie. Ek gaan wel met die paar foto’s wat ek het, vir julle probeer wys wat ek gedoen het. Lessie geleer? As ek weer so ‘n mat aanpak, sal ek die blomme reg van die begin af aanmekaar hekel!!!

The seven flowers you saw in (https://crochetinpaternoster.wordpress.com/2014/01/26/flower-t-shirt-rug-photo-tutorial-part-1-blom-t-shirt-mat-foto-patroon-deel-1/ ) were stacked / stuck on a chair for days because I had absolutely no idea how to crochet them together! I’ve had a look at other patterns and tutorials and they were all JAYG’s.

And then one evening I’ve had enough of the flowers eyeing me and just jumped in and started crocheting them together. I can’t take nice photo’s with the iPad in the evening. So with the little photo’s that I have, I will try and show you what I’ve done. Lesson learned? If I ever wanted to crochet a flower rug again, I will most definitely use the JAYG method!!!

foto 1

foto 5

foto 2

foto 3

foto 4

Reg! Nou is jou blomme vas aanmekaar. Dit was die maklike deel! Hahaha!  Alle voorspoed vir jou as jy ook ‘n rand buite om die blomme wil hekel! Ek stel voor jy lees die hele langdradige prentjie storie ‘n paar keer deur en besluit of jy kans sien daarvoor.

Ok! You should have one beautiful huge flower by now. That was the easy part. You will need some time and patience if you want go for the border around your flowers. I suggest you read through the border tutorial a few times to make sure you understand what I did there. Good luck!

foto 6

foto 7

foto 8

foto 9

foto 91

foto 92

foto 93

Ons was almal baie bly toe die mat uiteindelik klaar is en het dit sommer gaan vier by Mondvol Padstal. Lekker suur suurlemoentert en yskoffie vir my, ‘n tjoklit cupcake vir Anya en red velvet cupcakes vir die twee tieners.

We celebrated the finished rug at our favourite farmstall, Mondvol Padstal, with lemon tart and iced coffee for me, a chocolate cupcake for Anya, and the two teenagers had red velvet cupcakes.

mat 7

mat 4

(oeps amper vergeet ek!  ek het so 2 balle van 1kg elk van die grys gebruik en so een bal lilac, en ‘n 12 mm hekelpen)

Daar is nog so baie wat ek hier met julle wil deel. Vir starters wil ek foto’s opsit van al die matte wat ek al gehekel het. Dan is daar daai hartmat waarmee ek so gesukkel het. En van harte gepraat! Anya, ons ou laatlam prinsessie is mos die week speelskooltjie toe. Ek dink Mamma was baie meer hartseer as sy.

Mooi bly tot volgende keer!

(oops! Almost forgot! I used a 12mm crochet hook and about 2 kg of grey t-shirt yarn and more or less 1 kg of lilac)  

Do come back soon as I still have lots of rug photos to show you.