Flower t-shirt rug photo tutorial Part 2 / Blom t-shirt mat foto-patroon Deel 2

mat ek

mat 6

mat 1

Die hopie blomme het toe vir dae lank hier op ‘n stoel gelê. Ek het geen idee gehad hoe ek die spul aanmekaar gaan kry nie! Die paar patrone waarna ek gekyk het, was almal met die blom se laaste rondte aanmekaar gehekel. En hier sit ek toe met 7 reuse klaargehekelde blomme!

Toe het ek sommer net een aand losgetrek en die spul aanmekaar gehekel. En omdat ek in die aand gehekel het, het ek nie baie foto’s geneem van die proses nie. Ek gaan wel met die paar foto’s wat ek het, vir julle probeer wys wat ek gedoen het. Lessie geleer? As ek weer so ‘n mat aanpak, sal ek die blomme reg van die begin af aanmekaar hekel!!!

The seven flowers you saw in (https://crochetinpaternoster.wordpress.com/2014/01/26/flower-t-shirt-rug-photo-tutorial-part-1-blom-t-shirt-mat-foto-patroon-deel-1/ ) were stacked / stuck on a chair for days because I had absolutely no idea how to crochet them together! I’ve had a look at other patterns and tutorials and they were all JAYG’s.

And then one evening I’ve had enough of the flowers eyeing me and just jumped in and started crocheting them together. I can’t take nice photo’s with the iPad in the evening. So with the little photo’s that I have, I will try and show you what I’ve done. Lesson learned? If I ever wanted to crochet a flower rug again, I will most definitely use the JAYG method!!!

foto 1

foto 5

foto 2

foto 3

foto 4

Reg! Nou is jou blomme vas aanmekaar. Dit was die maklike deel! Hahaha!  Alle voorspoed vir jou as jy ook ‘n rand buite om die blomme wil hekel! Ek stel voor jy lees die hele langdradige prentjie storie ‘n paar keer deur en besluit of jy kans sien daarvoor.

Ok! You should have one beautiful huge flower by now. That was the easy part. You will need some time and patience if you want go for the border around your flowers. I suggest you read through the border tutorial a few times to make sure you understand what I did there. Good luck!

foto 6

foto 7

foto 8

foto 9

foto 91

foto 92

foto 93

Ons was almal baie bly toe die mat uiteindelik klaar is en het dit sommer gaan vier by Mondvol Padstal. Lekker suur suurlemoentert en yskoffie vir my, ‘n tjoklit cupcake vir Anya en red velvet cupcakes vir die twee tieners.

We celebrated the finished rug at our favourite farmstall, Mondvol Padstal, with lemon tart and iced coffee for me, a chocolate cupcake for Anya, and the two teenagers had red velvet cupcakes.

mat 7

mat 4

(oeps amper vergeet ek!  ek het so 2 balle van 1kg elk van die grys gebruik en so een bal lilac, en ‘n 12 mm hekelpen)

Daar is nog so baie wat ek hier met julle wil deel. Vir starters wil ek foto’s opsit van al die matte wat ek al gehekel het. Dan is daar daai hartmat waarmee ek so gesukkel het. En van harte gepraat! Anya, ons ou laatlam prinsessie is mos die week speelskooltjie toe. Ek dink Mamma was baie meer hartseer as sy.

Mooi bly tot volgende keer!

(oops! Almost forgot! I used a 12mm crochet hook and about 2 kg of grey t-shirt yarn and more or less 1 kg of lilac)  

Do come back soon as I still have lots of rug photos to show you.

 

Advertisements

Flower t-shirt rug photo tutorial Part 1 / Blom t-shirt mat foto-patroon Deel 1

Ek is sooooooo opgewonde! My heel eerste foto patroon op my blog! Wol-Wol Hoera! Ek het stap vir stap foto’s geneem van elke rondte van die blomme. En toe gedink ek gaan sommer in een aand tjop-tjop die patroon uitskryf. Hahaha! Toe nou nie. Dit neem nogal ‘n paar ure om die foto’s uit te kies, te crop, en byskrifte by te sit.

I am super excited! My very first own photo tutorial! Yarn-Yarn Hooray! A few mornings ago I took a few step-by-step photo’s of each round of the flowers. And thought I would quickly whip up a tutorial that night. Hahaha! Not so easy. I now have all the more respect for every one out there that has written photo tutorials for us.  

photo (95)

Op my vorige blog inskrywings het julle nou al ‘n ronde doily mat gesien en ‘n reghoekige ouma blokke mat. En vandat ek laasjaar begin matte hekel het was daar nou al dosyne van hulle. Ek wonder nou al vir ‘n rukkie hoe dit sal lyk as mens ‘n paar Japanese blomme hekel en hulle dan aanmekaar hekel. Eintlik is ek veronderstel om nou ‘n granny mat vir ‘n bestelling te hekel, maar ek is nie lus daarvoor nie.

Ek spring toe weg met mooi grys T en begin met hierdie blom. http://revlie.typepad.com/revolution/2011/06/japanese-flower-tutorial-picture-by-picture-you-can-do-this.html

Die eerste paar rondtes was ok, maar as jy by die laaste rondte kom is die 8 langbene net te veel vir die dikte van die T. Ek het dit toe aangepas na 5 langbene met 1 kettingsteek tussenin. Dit lyk toe beter en bietjie platter. En ek wou ook die 6 blomme aanmekaar hekel soos in ‘n ouma blok mat. Dit sou nie werk met die patroon se 11 blomblare nie. En van daar af het ek sommer die hele patroon verander soos ek dit wou hê. En dit gaan ek nou alles vir julle probeer verduidelik met my heel eerste foto-patroon!

On my previous blog posts you saw a giant doily rug and a granny square one. I felt like something different and wanted to try a Japanese flower rug with the T-shirt yarn. I’m actually suppose to be crocheting a granny square rug for an order, but still need some inspiration for a nice square pattern.

So I grabbed my hook and some grey T and started with a Japanese flower from this pattern. http://revlie.typepad.com/revolution/2011/06/japanese-flower-tutorial-picture-by-picture-you-can-do-this.html . BUT the 8 dc’s in the last round were too much for the thickness of the T. I changed that to 5 dc with a 1ch in between and the petals looked better. And because I wanted to join 6 flowers together (as in my granny square rug) the eleven petals had to be changed to 12. After all those changes, let’s just call it a West Coast flower!

photo (96)

En toe raak die grys T op in die laaste rondte van blom nr 6! Lekker vies! Oor na plan B. Trek al die blomme se blare uit en maak dit lilac/pienk.

And then I ran out of grey T in the last round of flower nr 6! Grrrr! Plan B. Frog all six flower’s petals and redo them in lilac/pink.

So hier kom die patroon!

And here is the pattern!

photo (98)

photo (99)

photo (100)

4

5

7

8

9

Ek is nou in two minds of die mat reghoekig of rond moet wees en het toe op die facebook hekelgroep “Ons Hekel” gevra wat hulle dink. Tot dusver het die meeste gestem vir die blom weergawe.

Ek verlaat julle nou hier met die halwe projek en hoop om sommer gou vir julle die voltooide mat en vashekelmetode te kan wys.

I can’t decide whether I want the rug to have a rectangular or flower shape and have asked the opinions of fellow crocheters on the facebook crochet group “Ons Hekel”. Most of them voted for the flower version.

 I can hear my family’s tummy’s rumbling! I’ll be back soon to show you the finished rug as well as the joining method.

10

12

Ek koop my T-shirt wolle by https://www.facebook.com/50swolwinkel?ref=hl

I buy my T-shirt yarn from https://www.facebook.com/50swolwinkel?ref=hl