Granny Square T rugs / Ouma Blokke T matte

photo (22)

So …. nou het jy jou eerste reuse doily T mat (of 2 of 3) gehekel. Wat’s volgende? Jy wonder hoe sal ‘n granny square ene lyk en spring weg en hekel gou so ses blokke. Dit gaan nogal redelik vinnig. Gewone plein blokke met so vyf of ses rondtes. As gewone blokke vir jou te gaterig lyk werk enige “circle in a square” blok ook baie goed. En, ongelukkig, hoe meer kleure daar in jou blok is, hoe meer drade gaan daar wees om weg te werk. Knoop hulle so twee keer lekker styf aan die agterkant en werk elke draad apart in sy eie rigting weg met ‘n gewone dik staal wolnaald. En doen dit nou maar voor jy die blokke aanmekaar werk. Dis aaklig om na die tyd met die grote mat te sit en drade wegwerk. En werk hulle mooi netjies weg dan lyk die agterkant van die mat ook mooi. Dan kan jy hom mooi eenkeer omdop voordat jy hom in die wasmasjien moet gooi.

After you’ve crocheted a few round giant doilies, you want to try something else. Hey! How about a rectangular one for the bathroom? Six plain granny squares and there you go. I think a “circle in a square” pattern looks a bit neater than a normal granny. Remember, the more colours you use, the more frays to work away at the back.  

photo (52)

Kyk hoe mooi lyk die blokke opmekaar gestapel. Amper soos ‘n koek!

I love the squares on top of each other! It looks like a cake. Yum.

En dan die vaswerk! Al jou mooi gewone metodes werk nie eintlik nie. Dit staan te veel op met die dik T. Jy soek iets wat mooi platlê. Jy wil nie hê iemand met lang toonnaels moet vashaak en val oor ‘n aanmekaarhekelmetode wat te veel op en uitstaan nie! Ek het maar weer op die internet gesoek en gesoek tot ek iets plat gekry het.

And then the joining of your giant squares. Your normal methods does not look so neat. You want your join to look neat and flat.

So back to aunty Google again for different joining methods.

Ek is mal oor

http://grumpygirl.blogs.com/home/2007/08/tutorial-the-am.html

 se metode van vashekel. Dit werk regtig goed met T. Jy kan dit in dieselfde kleur doen soos hier. Jy kan die vashekel ook met ‘n 12mm hekelpen doen, dis nie nodig vir ‘n kleiner pen nie, anders trek die storie opmekaar.

 I really like Grumpy Girl‘s joining method when working with T yarn. You can join your squares with the same colour. You don’t need a smaller hook for the joining. The 12mm one works well.

photo (25) photo (28)

Of jy kan dit vashekel met ‘n ander kleur doen soos hier.

Or you can do the joining in a contrasting colour.

photo (31)

En laastens die rand om jou mat. Dis nou ook weer ‘n blog post op sy eie. Dit wissel van mat tot mat soos die dikte van die verskillende kleure T mos verskil. Ek onthou ook nie altyd wat ek gedoen het nie. Ek sal weer mooi gaan kyk en kom vertel.

And lastly the border of your rug. That would have to be a separate blog post. I use different borders on different rugs as the thickness of the T differs from one colour to another. I will have a close look at the photo’s again and do another post on that.

En die oorskiet T? Mooi gehekelde mandjies wat pas by jou mat.

And the leftover T? Crocheted baskets to compliment your rug. 

photo (24)

Oeps!, ek vergeet altyd so bietjie meer detail.

Ek het ‘n 12mm hekelpen en 3 balle T van 1kg elk gebruik. Dit was genoeg vir die mat (60 x 90cm) en ‘n paar mandjies.

Oops!, I always forget to write down a bit more detail.

I used a 12mm crochet hook and 3 balls of 1kg T-shirt yarn. That was enough for the rug (30 x 90cm) and a few baskets.

6 thoughts on “Granny Square T rugs / Ouma Blokke T matte

  1. Deur al di rou en sad news, maak jy my dag! Kry ng ni t-wol in Lydenburg ni, miskien mut jy ‘n bietjie vir ons wenke gee oor hoe jy t-shirts moet opsny. Hou baie vn jou blog. Sterkte

Leave a comment